Review of ‘Whoever Fears the Sea’ in Rapport newspaper

Resensent: Johann Lodewyk Marais

Die oplewing van reisliteratuur is ’n opvallende verskynsel die afgelope jare in Suid-Afrikaanse literatuur. Hiertoe het die Suid-Afrikaanse reisskrywer, prosaïs en fotograaf Justin Fox ’n groot bydrae gelewer.

Soos heelparty ander skrywers dra hy daartoe by om die leser aan fasette van die lewe in Afrika bekend te stel.

Daar was groot verwagtinge oor die verskyning van Fox se eerste roman, Whoever Fears the Sea.

Op die voorblad verskyn ’n aanprysing van die Suid-Afrikaanse Nobelpryswenner J.M. Coezee waarin hy klem lê op die romantiese en avontuurlike in die werk, asook die ernstige herbesinning oor hedendaagse Somaliese seerowery. Die roman beloof as’t ware ’n kombinasie van populêre fiksie en perspektiewe op maatskaplik-politieke kwessies langs die ooskus van Afrika.

Die storie handel oor die Suid-Afrikaanse teksskrywer Paul Waterson, met ’n belangstelling in geskiedenis, wat opdrag kry om navorsing vir ’n National Geographic-fliek oor Kenia te gaan doen.

Waterson se verhouding het kort voor sy vertrek in Oktober 2001 op die rotse geloop. In die naweë van die 9/11-aanval in Amerika bevind hy hom ná avontuurlike reise per bus en op ’n dau (Arabiese skip) in Mombasa, Malindi en die Lamu-argipel waar die oorlog teen terreur veral die Moslem-gemeenskap in beroering het.

Met sy vermoë om hom van jongs af na ander tye en plekke te verplaas, is Waterson ’n gevoelige waarnemer van die plekke en tydsgewrig waarin hy hom bevind, en word ruim en gemaklik gebruik gemaak van onder meer inligting wat ook uit reistekste sou kon kom of daarin sou kon tuishoort.

Waterson se kennis van die ryk maritieme geskiedenis van die Swahili-kus laat hom tewens ’n bykans obsessiewe belangstelling in die mtepe-dau langs die Somaliese kus ontwikkel. Op die spoor van hierdie legendariese vaartuig word Waterson se besoek aan Somalië, met sy politieke onrus, ’n groot uitdaging.

Wanneer Waterson eindelik geleentheid kry om al varend met Somaliese seerowers kennis maak, kry hy beter begrip vir die redes vir hul optrede wat uit kolonialisme en die stroping van hul hulpbronne deur buitelanders sou spruit. Hierdie perspektief word breedweg binne die konteks van die redes vir die 9/11-aanval geplaas en Waterson tree as ’n spreekbuis vir hierdie sentimente op.

Whoever Fears the Sea kan op verskillende maniere gelees word. Vir lesers op soek na ontspanningsliteratuur is dit ’n meesleurende roman met, ja, baie avontuur en seks. Vir die lesers wat belangstel in Oos-Afrika bied die roman egter veel meer. Met sy kennis van talle fasette van die bestaan langs die Keniaanse kus, slaag Fox daarin om die leser ’n goeie beeld van onlangse kwessies en woelinge daar te gee. In die lig van die voortslepende krisis in Somalië, seerowery en die uitkringende uitwerking van die probleme op veral Kenia, word die lees van die roman ’n verrykende ervaring.

Dr. Johann Lodewyk Marais is ’n skrywer en letterkundige.

Advertisements
Leave a comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

  • Buy Whoever Fears the Sea

    Buy Whoever Fears the Sea by Justin Fox
  • Buy The Marginal Safari on Kalahari

    Buy The Marginal Safari
  • Buy Under The Sway on Kalahari

    Buy Under The Sway by Justin Fox

    Under the Sway

  • Buy Cape Town Calling on Kalahari

    Buy Cape Town Calling edited by Justin Fox

    Cape Town Calling by Justin Fox